Tuesday 18 May 2010

Avatar...

As n mens verby die boy-meet-girl en 3D kyk... is daar n hele paar onderliggended boordskappe...

1) die buddhistiese connectedness, en hergeboorte vd bewussyns stroom, maar dit is vermend met die animistiese geloof van inheemse amerikaanse mense soo die Hopi.... en Navajo (selfs die naam Na'vi laat mens aan die Navajo dink!) hoe hulle n band met die natuur het en bid vir die dier wat hulle dood maak.
2) dan is daar die duidelik verwysings na die nuwe beweging om die private militere organisasies tegebruik vir die vuilwerk... waar besighede n ongemaklike bestaan saam met hierdie groep mense wat enige iets vir geld sal doen...
3) is die manier hoe die mens die natuur vernietig om uit te haal wat hy kan, sonder werklik te verstaan wat hy doen nie, en dus ook kommentaar lewer op die westerse en oosterse lande wat ver van al hulle eie ekosisteme ander mense se ekosisteme vernietig of onherstelbaar beskadig...
4) dan is daar die feit dat om saam te lewe met jou ekosisteem jy totaal met dit ineengestrengel is OF JY DAARVAN HOU OF NIE!
5) die idee van om n ander mense te verstaan moet jy in hulle skoene staan... of binne hulle kop leef, of deur hulle oe sien.
6) verder is dit hoe ons nuwe kommunikasie stelsels ons instaat stel om duisende myle vanaf ons huidig posisie "iets" ervaar maar slegs dit kan affekteer wanneer ons fisies betrokke raak by/in die situasie.
7) mens kan maar net wonder oor die dikotomie van die masjieniste oorlog masjiene wat die mens se krag vergroot teen oor die weses, wat kaalvoet rondloop...
8) dan die simboliek van die boom wat vernietig word, n parallel met paradys en boom van goed en kwaad, maar eerder om die vrugte te puk van die boom word dit vernietig, hier het boom die vermoee om hulle te leer om GOED te sien (in paradys het die boom hulle kwaad laat sien)
dan dat hulle verenig word onder die boom van die siele... almal is deel vd boom van siele, en DIE boom is onvernietigbaar want hier word almal saam gebind...
9) wat ek opgemerk het is hoe die hoof karakters gesterf het die Na'vi hoofman was deur n stuk hout gedood, Sigorney was deur haar eie mense se koeels, so ook helikopter loods. Maar die hoof van die operasies was deur 'n pyl en boog gedood...
10) dan is daar die feit dat sy besef het dat wie sy op verlief was nie die Na'vi persoon of die mens Jake was nie maar wel sy persoonlikheid in dit is ook versterk met die "I see you..." stelling hulle kyk na die innerlike, en dit het my baie baie diep getref, hoe graag sou ons nie so n band met ons geliefde sou wou he nie. En hier sien n mens die kommentaar wat Cameron lewer op ons internet sosiale interaksie, waar jy fisies verwyder is van iemand en TOG bloem daar liefde tussen twee mense want hulle raak verlief op mekaar se siele, eerder as die fisiese liefde, maar tog op die uiteinde MOET daar die fisiese vereeniging kom... Dit laat my dink hoe die internet die normale verlief raak proses van die mens begin omverwerp... die vraag om oor te dink is dit goed of sleg?
11) ook interresant is hoe ons simpatiek vir die suicide missions geprikkel word, ons sien suicide bombers as negatief net omdat ons hulle van een oogpunt bekyk, hier kyk ons na hulle vanuit n heel ander oogpunt.

dis so ver ek kon onthou... ek sal dit weer moet kyk en notas maak...

Friday 30 April 2010

Happiness, A GUIDE TO DEVELOPING LIFE'S MOST IMPORTANT SKILL

By Matthieu Ricard, Dis n boek wat ek nie normaalweg so koop nie maar ek het sy praatjie op TED.com gesien en weet toe dat hy n Buddhis is... Nou ek is baie ge-interreseerd in Buddhisme... en geinterreseerd in hom as n mens want hy bring in westerse wetenskaplike en kulturele oogpunt op buddhisme... Wel dit is nie a wishy-washy HAPPY HAPPY boek nie! Hy gee jou baie van die tegnieke wat buddhistiese monnike geleer word om negatiewe gedagtes en destruktiewe denke tee te werk. Hy gee ook n hele paar meditasie tegnieke... al die dinge set hy baie goed uiteen. Die argument (ook the basiese siening van buddisme) wat hy uiteen set is soos volg... Alle weses will gelukkig wees dit is ons basiese doel vir alles wat ons doen ons doen iets omdat ons dink dit ons geluk sal bring (selfs iemand wat selfmoord pleeg sien dat dit die gelukkigste uitkoms is). Nou die geluk waar van hy praat is nie plesier of iets tyd gebonde nie... "By happiness I mean here a deep sense of flourishing that arises from an exceptionally healthy mind... Happiness is also a way of interpreting the world, since while it may be difficult to change the world, it is always possible to change the way we look at it." En vele meer, hy bespreek hoe die "self" n illusie is en hoe ons geklou daaraan, ons meeste ongeluk bring. Hy bespreek Samsara en Sukha... Hier is n buddhstiese konsep wat ook in die griekse filosofie voorkom wat ons nou weet vd griekse en buddhisme kontak is dit nie so verbasend nie "We realise our suffering was simply forgetfulness of our true nature, which remains unchanged beneath the fog of emotions." Hy spandeer baie tyd aan die emosies en hoe die negatiewe emosies mens in afgrond in af trek, en hy verduidelik tegnieke wat die buddhiste gebruik om negatiewe emosies to neutraliseer, en hoe deur wysheid en compassion aan te kweek jy jou eie suffering en dus happiness/geluk kan verbeter. Die hele proses is nie maklik nie en mens moet konstant daaraan werk, die punt is jou geluk le binne JOU! en nie buite jou nie, maar dis wardeloos binne jou, jy moet dit ook deel met mense om jou en hulle suffering probeer verminder...

A World Without Time

'n boek deur Palle Yourgrau, hy is n filosofie professor en n groot "fan" van Godel... die boek is interressant in die opsig dat dit die verhouding tussen Einstein en Godel, ten vore bring. Hoe Godel Einsteinse relativiteits vergelykings gebruik het om te bewys dat in n sogenaamde "Godel universe" tyd nie HOEF te bestaan nie! Hy lig ook heelwat van beide Einstein se persoonlikheid as ook Godel persoonlikheids trekke uit. En hoe hulle op hulle ou dag aan hulle idees vasgeklou het en Godel wat meer en meer paranoies begin raak het en al hoe minder begin eet het.. . Mens moet wonder hoeveel die feit dat mense nie sy "Incompleteness theorem" kon verstaan nie en inderdaad bang was daarvoor want dit het tot n groot mate hulle basis van kennis aangeval. Yourgrau probeer ook om Godel as die filosoof uit te lig, alhoewel mens die gevoel kry dat hy dit miskien in n tweede boek mag doen. Hy verduidelik ook hoe Godel "subversive" was deur die stelsels van "binne" aangeval en vernieting het, miskien een vd redes hoekom mense bang was vir hom en op hom neergesien het, ingeval hy dit miskien aan hulle stelsel so aanval. Interressant dat hy DIT nie met relatiewiteit gedoen het nie! Hier het het hy n ander benadering geneem miskien omdat hy bevriend was met Einstein? Al DIE word goed beskryf deur Yourgrau, hy verduidelik ook hoe Godel se theorem werk... hier is n pragtige quote:"To appreciate Godel's theorem is your birthright; let no one, including the mathematical police, deprive you of what you have a right to enjoy."

Ek het die boek baie geniet en sal dit weer lees, net vir feit dat so baie uit dit geput kan word, dit het my baie oor tyd laat dink en hoe glipperige konsep tyd werklik is.... byvoorbeeld, daar is GEEN universele NOU nie! die NOU bestaan net nie! dit is ONMOONTLIK om twee horlosies te perfek te kan synkroniseer nie! en dit is net vanaf n relatiewiteits oogpunt! Ek het nog nie eers van die subjektiewe bestaan van tyd gepraat nie!

#R;

Thursday 11 February 2010

"The Road"

Goeie prent, baie na aan die boek... alhoewel dit oor n pa se liefde vir sy seun en n ma se liefde vir haar familie gaan... sien ek dit simbolies is van n pa en sy seun se lewens en hulle verhouding tot mekaar.... maar die film is terselfder tyd n waarskuwing, aan ons... die mensdom, as ons nie terug trek van die afgrond nie, vir die ontwil van die liefde vir ons kinders nie is dit miskien wat op ons wag... 'n ander ding om voor uit te kyk is die feit dat baie vd mense hulle duime verloor het wys hoe die mense weer terug verval na die dierlike... want ons duime is die een ding wat ons visueel en fisies bo ander diere verhef het... een stukkie raad kyk tot al die credits klaar is en luister fyn na die agtergrond klanke...

#R;

Tuesday 2 February 2010

Kjaldie, Kjaldie Fiet Mariengoe!!

Hier hoop ek om die boeke wat lees op te som...

#R;